{Oogappel} – Wat is in ‘n naam?

Wat is in 'n naam

In Maart 2013, terwyl ek nog vir ‘n platemaatskappy gewerk het maar ‘n ander kreatiewe uitlaatklep gesoek het, het ek met Oogappel begin. Hoekom die naam, “Oogappel”?

Dit is vir my een van die mooiste Afrikaanse woorde wat daar is. En die betekenis is besonders.

– my oogappel – my liefling, my gunsteling, iets of iemand waarop jy trots is. Iets of iemand waarvoor jy ‘n baie spesiale plek in jou hart het, waarvoor jy baie lief is.

– the apple of my eye – a person or thing that you cherish and love above all things. Your favourite.

In die Bybel, in Deut 32:10 en Sag 2:8 word die oogappel beskou as die dierbaarste liggaamsdeel van die mens – heel moontlik omdat dit die sig van die mens verteenwoordig. Die oogappel is ook die ster van die oog – “ogensterne” in Middelnederlands.

Ons is almal God se oogappels. Ons is almal Sy lieflinge, Sy gunstelinge. We are greatly loved by God. We are the apple of His eye.

Die woord “oogappel” of uitdrukking “appel van my oog” kom ‘n hele paar keer in die Bybel voor en dit verwys na God se besonderse liefde vir Sy volk. Daar is geen plek aan ons liggame wat ons so outomaties beskerm as ons oe nie. Ons sig is een van die mees kosbare geskenke.

Vir my is dit so ‘n gepaste naam in terme van my besigheid, veral omdat ek meestal met vrouens werk. So baie vrouens is deur trauma, deur stadiums in hulle lewens wat hulle nie goed genoeg gevoel het nie (en miskien nogsteeds nie goed genoeg voel nie), waar hulle nie geliefd voel nie, waar hulle alleen voel, waar hulle nie mooi voel nie of waar hulle voel hulle beteken niks en is niks werd nie. Met OOGAPPEL BY ILLA wil ek vir jou kom se, liewe vrou van God – JY IS GOED GENOEG! You are a worthy woman of God! He loves you no matter what! He will fight for you!

We are made in the image of God, God is love and He is glorious. He wants the best for us. He wants to protect us and care for us. He is our provider – we should trust Him and love Him with all our heart. We are the apple of His eye, he will never leave us. He even sent His son to die in our place – THAT is how much He loves us!

Our Creator is very creative – creativity to the MAX – jy kan dit sien in die skepping! Om byvoorbeeld net al die diere en blomme te sien en hoe uniek en mooi elkeen is…en om nie eers te praat van die mens en hoe ongelooflik ons liggame aanmekaar gesit nie…hoe ’n nuwe lewe gevorm word binne ons vir 9-maande. Dit is mind-blowing.

Ek is mal daaroor om kreatief te wees en te skep! Dit laat my naby aan die Here voel, want Hy is die ultimate SKEPPER! Musiek, kuns en om te skep sal altyd deel wees van my lewe. Dit is my purpose. Om die wereld ‘n bietjie mooier te maak met watookal ek skep. To leave beauty in the world. To SEE beauty in the world.

So, met OOGAPPEL BY ILLA, bring ek vir julle al my gunstelinge. Ek bring vir julle die tipe kledingstukke wat ek love. Ek bring vir julle mooi oorbelle en serpe. Ek bring vir julle van my eie skeppings geinspireer deur die natuur EN deur mooi kleure. Ek wil JOU lewe mooier en meer kleurvol maak deur vir jou (hopelik) ‘n paar oogappels in jou lewe te sit. Plus, ek wil jou bemagtig met kennis as dit kom by onder andere kleur en styl om met selfvertroue jou outentieke “self” te wees. Om te wees wie God jou gemaak het om te wees.

Na 8 jaar se verskillende op en af seisoene van Oogappel, is dit vir my besonders en baie simbolies om in September, in die mooi van lente, in ‘n nuwe seisoen, in ‘n tyd wat ‘n nuwe begin simboliseer, vir Oogappel ‘n vars, splinternuwe lenterokkie aan te trek! Ek wil jou uitnooi om saam met my te reis op hierdie “vrou wees” journey. Om ‘n  “oogappel” te wees is ‘n lewenstyl – dit is om te weet jy is goed genoeg en geliefd, maak nie saak wat nie. Dit is om die foute van jou verlede agter jou te sit en om vorentoe te kyk. Dit om mense te vergewe wat jou seergemaak het, om hulle vry te spreek. Dit is om jouself weer te vind. Dit is om confident te wees in wie jy is, om outentiek te wees, om jouself te wees.

Ek sien uit daarna om vrou wees saam met jou, liewe oogappel, te vier!

Liefde, Illa

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Main Menu