
So ek is tans op ‘n “decluttering spree “ en ek LOVE dit! Dit gee vir my soveel head space soos wat ek ontslae raak van goed. Ek was vir ‘n baie lank ‘n opgaarder (“wat as ek hierdie eendag nodig het, ek kan dit nie weggooi nie!” Klink dit bekend?), maar ek het die afgelope paar maande soveel wonderlike boeke gelees oor “minimalist living” en “capsule / curated wardrobes”, dat dit my regtig ‘n kopsuif laat maak het en my denke totaal en al verander het.
As jy ook wil declutter maar nie weet waar om te begin nie – hier is my tips aan jou!
- Begin sommer by jou klerekas en gooi al jou klere uit wat jy nie meer dra nie. Ek kan jou hier help met ‘n klerekas detox & revamp!
- As jy kids het, gaan deur hulle speelgoed, boeke en klere. Met 2 klein seuntjies in ons huis word daar op ‘n weeklikse basis speelgoed gebreek. So daar sal dikwels verskillende stukke van byvoorbeeld ‘n geweer rondle. Kry die boeke wat hulle nie meer lees nie bymekaar asook klere wat te klein is vir hulle en skenk dit (of jy kan dit probeer verkoop as jy wil, mits dit nog in goeie kondisie is). Moedig jou kids aan om self ook bietjie te declutter (as hulle oud genoeg is). Laat hulle speelgoed kies waarmee hulle nie meer speel nie en laat hulle dit dan skenk aan ‘n plaaslike hospice. Dit leer hulle ook om ‘n “attitude of giving” te kweek.
- Toiletware – ek het nou die dag rome en haar produkte in ‘n laai gekry wat al meer as 5 jaar oud is! Enigiets wat jy nie die afgelope paar maande gebruik het nie of wat reeds verval het – gooi weg! Daai foot scrub wat jy 5-jaar gelede as geskenk gekry het wat jy nou nog nie gebruik het nie. Gooi maar weg suster! Kry ‘n mooi mandjie of houertjie waarin jy jou produkte wat bymekaar hoort, saam bere. Probeer om dit nie iewers net in ‘n laai te sit nie want jy gaan daarvan vergeet en dit dan nie gebruik nie.
- Medisyne kas – miskien staan daar vitamines en medisyne op ‘n paar plekke in jou huis: in jou kamer, in die kombuis, in die gangkas. Kry alles bymekaar, gaan deur dit en check die verval datum en raak ontslae van wat reeds verval het. Pak die kinders se medisyne op ‘n aparte plek as die volwassenes se medisyne (iewers hoog waar hulle dit nie kan bykom nie). Probeer soort by soort sit. Al die pleisters en verbande saam. Al die vitamines saam. Al die sinus goeters saam, etc etc.
- Gaan deur die spens en check verval datums van kos en CHUCK as dit reeds verval het! Check ook vir enige ou kos in die vrieskas en yskas wat jy kan weggooi.
- Soms kan ‘n studeerkamer ‘n plek raak waar daar baie papiere rondle of ou aankoopstrokies wat nie meer relevant of nodig is nie. Of ou tydskrifte en boeke wat jy nie meer wil he nie. As jy leers het met inligting in, gaan deur daardie leers en kyk of jy dit nog nodig het. Andersins gooi sommer die hele leer weg. Gaan deur skryfbehoeftes en kyk watse penne het dalk al opgedroog wat jy kan weggooi.
- Gaan deur jou kombuis kaste en as daar enige items is wat nie meer gebruik kan word nie – tupperware deksels sonder die bak byvoorbeeld, gooi weg. Sorteer ook jou kaste sodat soort by soort is. Enige bakke of koppies met chips in – gooi weg of skenk. As jy te veel borde en koppies het, skenk dit aan die hospice!
- As daar goeters rondstaan van ander mense in jul huis (iets wat jul byvoorbeeld geleen het vir ‘n ruk) maak ‘n punt daarvan om dit terug te besorg aan hulle of om hulle te vra om dit te kom haal.
- Gaan deur al jou tuin gereedskap, verf blikke etc wat in die garage of stoorplek staan. Miskien is die verf opgedroog of daar is gebreekte tools waarvan jy ontslae kan raak.
- Gaan deur al jou linne – gordyne, beddegoed, handdoeke en kyk wat het miskien al verblyk of wat het die hond dalk in die hande gekry. (Banjo het gate gekou in van ons handdoeke wat hy beetgekry het, haha J). Jy kan besluit om dit miskien te gebruik as lappe om mee skoon te maak (stoor dit dan by al die skoonmaakmiddels), of gooi dit weg of skenk dit (miskien kan iemand anders dit gebruik, al is dit verblyk). Daar is baie minder bevoorregte mense wat op ‘n daaglikse basis linne gaan soek by die hospice of ander tweedehandse winkels.
Ek het gevind, wat vir my werk, is om vertrek per vertrek te neem en alles wat rondle deur die huis wat eintlik op ‘n ander plek hoort (eg boeke, skryfbehoeftes, medisyne, kinders se speelgoed) bymekaar te kry en soort by soort te sit – op sy regte plek in die huis. He ‘n spesiale skryfbehoeftes kas of laai en as jy enigiets kry in die huis, dan weet jy dit moet net weer in daardie laai kom. Sit al die kids se speelgoed en boeke bymekaar in een vertrek. He een plek vir al die medisynes en vitamines.
Stel vir jouself doelwitte – bv, een vertrek per dag of per week – afhangend van jou tyd skedule. Andersins mag jy dalk te oorweldig wees as daar baie werk is om te doen.
Jy gaan nie die hele olifant op een slag kan eet nie! Slegs happie vir happie J You can do this!
